Triathlon SA Champs Results

Die Vrystaatspan van 21 atlete (13 juniors, 5 seniors en 2 paralimpiese atlete) het besonder goed gevaar met die pas afgelope SA Driekamp Kampioenskappe in Oos-Londen, met nie minder nie as 8 podium plekke!  Behalwe 1 atleet wat nie haar resies kon voltooi nie (haar fietsketting het op die fietsry-been gebreek), kan die ander 12 atlete heel tevrede met hul vertoning voel.

In haar eerste SA Kampioenskap het Lienke Snyman (meisies 12-13 jaar) ‘n skitterende 2de plek behaal, met Angelique Moller en Gean Viljoen wat onderskeidelik in die meisies 14-15 en seuns 14-15 uitgeblink het en beide brons verwerf het.  Jayme-Sue Vermaas het die silwer gevat in die meisies 16-17, met Madelaine le Roux wat goud geneem het in die afdeling meisies 18-19 jaar.  Hier het Lourens Botes in die seuns 18-19 ook ‘n silver verwerf.  Van ons ouer atlete het David Janse van Vuuren (mans 60-64) die 3de plek gevat.

 

Ons paralimpiese atlete het in ‘n ITU Wêreld Driekamp byeenkoms teen ‘n sterk internasionale veld deelgeneem.  Hier het Anton Swanepoel (PT1) ‘n pragtige 3de plek behaal, en Nicholas Newman (PT4) ‘n baie verdienstelike 12de plek.

 

Die ander atlete se uitslae is:

Helena van Niekerk: 7de (dames 35-39)

Debra Theron: 6de (dames 40-44)

Nicolas Theron: 8ste (mans 45-49)

Justin McLean: 17de (mans 25-29)

Charlie Louw: 19de (mans 25-29)

Hanré Herbst: 7de (seuns 18-19)

Carl Theron: 10de (seuns 18-19)

Julian Pretorius: 14de (seuns 18-19)

Heinz Mittermaier: 7de (seuns 16-17)

Mizan Viljoen: 5de (meisies 16-17)

Henro Bender: 11de (seuns 14-15)

 

Nadine Kemp: DNF – fietsketting gebreek (meisies 14-15)