Madelaine at World Champs

Op 29 Aug 2014 het Madelaine le Roux (0/17) aan die Driekamp Wêreldkampioenskappe in Edmonton, Kanada gaan deelneem en hiermee haar Junior Protea kleure verwerf.  In ‘n baie uitdagende Junior Elite resies, 54 deelnemers, die beste 0/19 dames van regoor die wêreld, het Madelaine 46ste gekom.  Nadat sy op no 53 uit die water gekom het, het sy haarself met die fietsry opgewerk na 48ste.  Met die hardloop het sy by nog twee dames verbygegaan, om op die ou end in die 46ste plek klaar te maak.