Vrystaat Fietsry se Time Trials 10 en 24 Mei

Vrystaat fietsry het time trials by Arcadia kafee op Waterbron roete Sondagoggend 10 Mei en Sondagoggend 24 Mei om 08:00. Vir 24 Mei Dubbelkamp en Driekamp atlete kan deelneem vir intensiteitoefening vir die gewone inskrywingsgeld van R60 plus R35 vir 'n daglisensie. Daar kan vooraf ingeskryf word by Cycle World of die oggend voor die tyd. 'n Voorafinskrywing word verkies, want dan kan hulle vir elkeen n tyd gee want elkeen trek n minuut uit mekaar weg en dan weet die commisaires hoe lank die hele wedren sal wees. Kontak Adel by 0723825888 vir meer inligting.