Kwalifisering vir SA Duathlon span na Worlds

PROVINCIAL CONTROLLING BODY FOR TRIATHLON, DUATHLON & AQUATHLON AFFILIATED TO TRIATHLON SOUTH AFRICA & FSSC

2 Desember 2015

AANDAG ALLE DUATHLON ATLETE

In 'n vorige skrywe het TSA deurgegee dat daar 3 kwalifiserende events vir die kies van die span na World champs sal plaasvind. Dit gaan egter agv 'n gebrek aan tyd nie gebeur nie. 

Elke provinsie gaan nou sy eie proewe aanbied saam met sy geskeduleerde byeenkomste. Die uitslae sal dan by TSA ingedien word, waarvolgens hulle dan die span kies.

FST het besluit om by die volgende twee events die Duathlon atlete die kans te gun om te kan kwalifiseer.  Die beste tye sal dan na TSA  gestuur word, maar ongelukkig gaan FST geen beheer en insae hê wanneer die span gekies word nie.

Die datums van die byeenkomste is 16 Januarie en 6 Februarie 2016.

Wat die vereistes vir die Vrystaat span na SA Duathlon op 3 Julie 2016 betref, bly ons vereiste steeds 1 event en verpligte deelname aan die FS Duathlon champs.

Kontak ons gerus vir enige verdere navrae.

Groete,

Christa