In die YOG resies (Africa Youth Olympic Qualifier) waar die topatlete van SA in die ouderdomsgp 16-17 meegeding het met ander Afrika-lande se topatlete (o.a. Zimbabwe, Egipte, Botswana – Kenia het nie opgedaag nie – by die seuns was daar ook nog atlete v Mauritius en Namibië), het SA baie goed gevaar. Die top seun was ‘n SA’er, Nathan le Roux (O-Londen), met die 1ste 3 meisies almal SA’ers – met die 1ste twee vd Vrystaat – Madelaine le Roux (1ste) en Jamy-Sue Vermaas (2de). Hiermee het die SA’ers vir SA ‘n posisie by die Jeug Olimpiese Spele (Aug vanjaar in Nanjing, China) verdien. Afrika mag net 3 seuns en 3 meisies stuur – met ‘n land wat slegs 1 atleet per geslag kan stuur. SASCOC moet nog besluit wie dit sal wees wat SA moet verteenwoordig by die Afrika Jeug Spele (2 atlete per geslag - 22-30 Mei in Gaborone, Botswana) en by Nanjing Jeug Olimpiese Spele (1 atleet per geslag – 16-28 Aug 2014). Intussen gaan die 6 SA’er wat in Oos-Londen so goed gevaar het 12 April deelneem aan die Afrika Kampioenskappe in Zimbabwe.
Uitslae SA Driekamp, 23 Maart 2014, Oos-Londen
Meisies 16-17 Africa Youth Olympic Qualifier:
Madelaine le Roux 1ste plek
Jame-Sue Vermaas 2de plek
Para-limpiese atlete:
Anton Swanepoel (P11) 1ste plek
Nicholas Newman (P16) 3de plek
Vroue 35-39:
Helena van Niekerk 4de plek (5de plek algeheel)
Mans 35-39:
Niel Johannes van Pletzen 14de plek
Theuns de Bruyn 15de plek
Vroue 40-44:
Debra Theron 2de plek
Mans 40-44:
Rob Shortem 22ste plek
Mans 45-49:
Nicolas Theron 1ste plek
Mans 50-45:
Ben-Daniel van Niekerk 9de plek
Seuns 12-13:
Gean Viljoen 2de plek
Meisies 14-15:
Mizan Viljoen 1ste plek (2de algeheel)
Seuns 14-15:
Heinc Mittermaier 3de plek (4de plek algeheel)
Arno Laubscher 10de plek (16de algeheel)
Meisies 16-17:
Danica Botes 5de plek SA’s (8ste plek algeheel)
Seuns 16-17:
Julian Pretorius 5de plek SA’s (7de plek algeheel)
Dames 18_19:
Terri-Jo Leyland 6de plek
Mans 18-19:
Hanré Herbst 5de plek
Lourens Botes 8ste plek