Spanbrief SA Triathlon Champs

SPANBRIEF VIR ALLE ATLETE INGESLUIT IN DIE SPAN NA SA Triathlon Kampioenskappe

1.     Inskrywingsgelde:

1.1   Juniors: R350  Bloemfontein

1.2   Seniors: R450  Oos Londen

1.3   Para Tri vir Bfn R450 vir African champs in Bloemfontein

1.4   Para Tri Oos Londen R550 

1.5   Gelde word direk in FST se Absa rekening inbetaal 4054811247 met jou naam as verwysing.

1.6   Betaal voor of op 1 Maart 2016. Bewys kan ge-sms word na 0737 185427 of fax na 086 750 0150 of epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

1.7   Ek sal alle atlete inskryf

 

2.     Kleredrag

2.1   Atlete word slegs toegelaat om in Vrystaat trisuits deel te neem (geen ander klere)

2.2   Ek benodig die groottes laastens Vrydag 12 Februarie 2016 sodat bestelling betyds geplaas kan word by die verskaffer wat 3 weke benodig om bestelling te lewer.

2.3   Sweetpakke en golf hemde is ook beskikbaar en bestelling sal ook geplaas word.

2.4   Weereens borg FST die die klere van atlete met die volgende bydrae:

2.4.1         Trisuits betaal FST 60% en Atleet 40%. Ek wag net vir die kwotasie maar skat die bedrag so ongeveer R300 per atleet

2.4.2         Sweetpakke betaal FST 60% en atleet 40% . Die bedrag behoort ook nie meer as R400 te beloop nie.

2.4.3         Golf hemde word deur atleet self betaal.

2.4.4         Finale bedrae sal binne ‘n week uitgestuur word.

2.5   Geen FST atleet sal op n podium toegelaat word sonder sy FST trisuit of FST sweetpak met tekkies nie.

 

3.     INDEMNITY FORMS

Die vrywaringsvorms sal voor 1 Maart uitgestuur word en dit bly die atleet se  verantwoordelikheid om die getekende brief by die spanbestuurder in te handig voor of op Vrydag 11 Maart. Geen atleet sal toegelaat word om deel te neem indien dit nie ingehandig is nie.  Seniors atlete moet dit asb vir my epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. dat ek dit na TSA kan aanstuur as 1 pakket.

 

4.     SPANBESTUURDER

Vir Juniors:  Mnr Willie Bender 082 578 7236  epos adres This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

5.     PROGRAM

Program vir SA Juniors is reeds op ons website beskikbaar (www.fstriathlon.co.za). Maak asb seker van die reëling dat die pad gesluit word om 08:00 en transition sluit vir alle atlete om 08:15. Ongelukkig open die hekke by Maselspoort eers 07:00.

Maak ook seker van die verpligte “race briefing” die Vrydag middag.

 

RACEBELTS BAIE BELANGRIK  - geen body marking gaan plaasvind nie